Die JUIG! tydskrif van Mei 2019 het ‘n groot verrassing opgelewer toe ons eie Franna saam sy vroutjie Helena, daarop glimlag. 

Franna se hartklop is om ‘n verskil te maak in kampers se lewens deur sang en musiek. Hierin dra hy grootliks by tot die suksesverhaal van enige naweekkamp. 

Alhoewel Franna ‘n groot man is ken ons hom aan sy sagte hart en oorvloedige liefde vir Jesus Christus. Net soos WIA se lesings geskoei is op

waarheid en Woord, so ook die lirieke wat vanuit sy hart vloei.

Uittreksels vanuit JUIG! Mei 2019:

DIENAAR IN GOD SE WINGERD

Hy het die inspirasie vir die lied gekry juis toe hy besig was om wingerde te snoei op sy plaas net buite Nylstroom. “Toe ek die loot snoei en die sap tap so uit, praat die Here met my: Dit is hoe ek julle snoei.” As boer het Franna geweet, as jy naby die ‘ou hout’ snoei, bly die wingerd vrugbaar.

“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.” Joh 15:1-2

Hier by Woord in Aksie-Gauteng is ons bevoorreg om Franna as liedjiedigter en geesgedrewe sangleier te geniet. Nie net inspireer sy liede nie maar weet ons dat hy dit ook “leef.”  

Mag sy bediening nog oor jare heen die toekomsgeslag in Suid-Afrika bedien met hoop terwyl hy uitstaan as voorbeeld van ‘n “man na Gods hart”. 

Hier is Franna se “Wingerdliedjie”

DIE WINGERDLIED

Soms kry ek so seer

As die snoeiskêr deur my sny

En as die water deur die loot bloei,

Weet ek vorm U vir my.

 

Maar Heer U is die Meester, U weet tog wat U doen

En gou is ek gereed vir ‘n volgende seisoen.

 

Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek weet

Soos deur ‘n spieël en deur ‘n raaisel,

Word U wil vir my gemeet.

 

Maar Heer, U is die Meester, U weet tog wat U doen

En gou is ek gereed vir ‘n volgende seisoen.

 

Vorm my, na U beeld

Maak my soos U wil

Vorm my na U beeld

Here, vorm U vir my

 

U is die God van liefde

U is die een wat gee

En voordat ek vir iets kon vra,

Het U my met eer beklee

Copyreg Franna Benadelcome to WordPress. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging!

1 Likes
96 Views

You may also like

Leave A Comment

Please enter your name. Please enter an valid email address. Please enter message.