Tienerkamp Getuinenisse – Oktober 2014
• Ek het geleer wat my doel is, wie ek eintlik is, en dat as ek regte keuses in my lewe maak, my dit vir altyd gaan baat. Ek het geleer hoe om die Bybel te lees, en dat die Heilige Gees altyd daar is vir my. (13 jaar oud)
• Ek het geleer dat ek uniek is op my eie manier, ek het ook geleer waar om die lyn te trek in my verhoudings. (14 jaar oud)
• Ek het vergewe op hierdie kamp, en die eerste keer gehoor van die Heilige Gees. (15 jaar oud)
• Ek het geleer om my Bybel beter te verstaan, waarhede oor Liefde, was vir my baie goed. Saterdag aand het die trane gerol, ek verstaan die rol van die Heilige Gees vir die eerste keer in my lewe. (13 jaar oud)
• God ken my en is lief vir my, ek is lief vir my Bybel en het geleer hoe om hom te lees, ek het ook geleer dat ek met die Heilige Gees kan praat. (13 jaar oud)
• You win or you loose, by the way that you choose. Die Kruis lesing was ‘n “eye opener”, I loved it. Ek moet soos Gideon ‘n dapper held wees. (16 jaar oud)
• Dit is wie jy is vir die Here, nie wat jy doen nie, maak regte keuses, trek grenslyne in jou verhouding. (13 jaar oud)
• Ons word ‘n nuwe mens deur wedergeboorte, ek is uniek. Maak regte keuses, jy kan. (13 jaar oud)
• Daar is ‘n groot verskil tussen ware liefde, en verliefdheid. Glo in God en nie in satan se leuns nie, die Heilige Gees is oral saam met ons (16 jaar oud)
• Jy is nie ‘n glips nie, God het jou beplan! Ek het net weer besef wie ek is in Christus. Ek het met vrees gedeel, geleer dat die Heilige Gees soos ‘n GPS is vir my. (14 jaar oud)
• Ek is wedergebore en uniek. Maak regte keuses. (13 jaar oud)
• God het ‘n plan met my lewe, jy het net een vinger afdruk, Bybel is die saad wat jy moet saai. Vertrou op Heilige Gees. (14 jaar oud)

Ons gee aan Abba Vader al die eer vir dit wat Hy in elke kind se lewe gedoen het…

Freddie en Elsab