Wat het in die nuusbrief van 2017 gestaan wat jy dalk gemis het?  Hier is van die fotos en paar interessante dinge wat daarin geskryf was:

Bennie & Tienie van Loggerenberg

Wes Kaap 2017

“Ek het slange vir troeteldiere,” skryf Bennie. Ag nee – rerig? Dan besef ek ook dat Bennie nie ‘n man is wat jy met kaalhande moet aanvat nie: Bennie het ‘n swartgordel in Taekwondo en het al valskerm gespring. Klink nie vir my Tienie bang hom nie, want sy het al saam hom op die Zambesi rivier geroei tussen krokodille en seekoeie heen.

Wat dink jy? Wat voer Bennie sy slange?

Poela & Tibbie Meyer

Vrystaat 2017

Tibbie vertel van ‘n ware ondervinding wat sy nooit sal vergeet: “Dit was 23:00 die Vrydagaand na die eerste lesing en kleingroepie. Vrouens stil en rustig in hul beddens. Ons slaap in ‘n slaapkamer by die swembad. Skielik ‘n groot lawaai en geplons in die water! Ek loer deur die blinders…..skamerig trek ek terug. Jong manne in adams-gewaad staan om die swembad terwyl die ander heerlik swem! Ons kamp kommandant, Sarita Meiring kom op stoep aan gestap om te kyk wat die lawaai veroorsaak? Naby die swembad steek sy vas – hoogs geskok nadat sy die manne sien, draai sy in haar vier spore om en besluit …..”ek gaan maak asof ek in my slaap loop”…. Met uitgestrekte arms voorhaar en langstadige tree stap sy die stoep af terug na haar slaapkamer. Ek sien vir Sarita terug wandel en besluit om maar eerder die personeel van Amanzi te bel. Gelukkig het hulle tot ons redding en verligting gekom en die manne verwyder!”

Lieb & Verna Botha – CrossRoads Kampe

Oos Kaap 2017

Lieb vertel “Ons het ‘n fabriek in Port Elizabeth wat skaap en vark derms skoonmaak, selekteer en versprei aan slaghuise, fabrieke en ketting winkels. Ons versprei ook speserye en verpakkings materiaal. Ons span van 63 mense is soos n groot familie. Ons hou 2 x per week vir hulle ‘n “uur diens” in werkstyd. Daar is kosbare getuienisse wat God al vir ons span gedoen het…”

Gauteng 2017

Freddie skryf: “Ek en Elsabé is mal oor mense… mal oor die bediening en absoluut mal oor die Here!!! Ons is dankbaar vir ‘n span wat saamtrek, en om te sien wat die Here in ons land doen deur WIA.

Ons is lief vir naweek wegbreke, en sal graag eendag vir ons ‘n Harley Davison wil koop en net deur ons mooi land toer. Ons het in Amerika gewerk in die hotel bedryf, en kos gemaak, ontvangs gedoen, en klomp ander admin asook instandhouding. Iets wat julle dalk nie weet oor Elsabé nie – sy het al drie ons kinders normaal gekraam en ons dogter is in haar ouers se huis gebore.

Iets oor Freddie – Ek was ‘n sjef in die weermag vir die Staatspresident eenheid…

0 Likes
56 Views

You may also like

Leave A Comment

Please enter your name. Please enter an valid email address. Please enter message.