Tienerkamp Getuienisse

**************************************************************************************************

Getuienis van  Karabo Mndau. (Haar toestemming is gegee om die video te gebruik as getuienis)

**************************************************************************************************

**************************************************************************************************

My dogter Danika, het glad nie geglo nie. Sy klim sondag uit die kar, en sy se. Mamma, mamma is reg. God is groot. Hys werklik. Ek sit met n vol hart vandag. Sy is nog altyd n spesiale kind. En God het haar angstigheid en stres kom genees. Sy staan gister in die klas en sy kom vertel my hoe sy altyd so in angs ingaan as goed nie werk nie, en gister se sy. Mamma ek hrt so kalm gevoel die angs was weg.

**************************************************************************************************

Goeie more julle. Ek moet net getuig. My kinders was almal die naweek kamp toe. Al 6 van hulle. Die verskil in hulle is ongelooflik.

**************************************************************************************************

Ek het tienerkamp toe gekom en my ma gehaat. Sy het my en my pa net so gelos.
Maar na saterdag aand het ek haar vergewe en vrygespreek. Ek gaan teruggaan en probeer regmaak van my kant af.

**************************************************************************************************

Ek het vrydag by die kamp aangekom en ‘n Hoody oor my kop getrek, ek wou niemand in die oë kyk nie.
Maar na saterdag oggend het ek besef “although my body may not be perfect, its creator is perfect.
And even if people have flawed me, in God’s eyes I am flawless”

**************************************************************************************************

Mannekamp Getuienis Christiaan

MANNEKAMP GETUIENISSE 2022

Toe Albert sondag oggend bedien het, het ek die Here vertrou dat hy vir my ‘n woord gaan gee. En toe hy afklim van die verhoog af kom hy eerste na my toe en kom gee vir my ‘n woord! Die Here het vir my ‘n pad gegee wat ek sal moet stap.

****************************************************************************************************************************************************************

Ek is 27 jaar oud, ek het baie gedink voor ek na die kamp toe gekom het, en ek is nie spyt nie, ek het so baie geleer. Ek het twee kinders, ek het hul mamma in Des verloor aan kanker, en ek het gedink ek is alleen, die kamp het my laat besef dat ek nooit nie alleen is nie. vanaand kan ek sê ek het broers in Christus. Ek gaan uitgaan en daar buite sê wat ek geleer het hier, ek is dankbaar vir julle, my broers.

****************************************************************************************************************************************************************

Gewoonlik sit ek met ‘n mike in my hand in ‘n bar, sing karaoke en word dronk, ek was ‘n volslae alkoholis gewees, tot vanoggend toe. Ek het gisteroggend ontrekkings simptome gehad, en gisteraand in my groepie toe kry ek ‘n bybe;, dis die eerste keer dat ek ‘n bybel in my hand vasgehou het, en wat ek hom oopgemaak het. Terwyl julle ouens so lekker gesnork het vanoggend lê ek en rondrol en ek vra die Here gee my net ‘n versie uit die bybel, en Hy gee my Psalm 30 Here my God ek het na U uitgeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.

****************************************************************************************************************************************************************

 

 

 

Getuienisse: 11-13 Feb 2022

Die naweek was my eerste naweek weg van my huis af sedert my seuntjie se geboorte. (4 jaar)

My mammie is oorlede toe ek swanger was, en ek het nog nie kans gehad om daarmee te deel nie,

maar hierdie naweek het ek met dit gedeel, en ek voel soveel beter.

Diana

Hierdie was my eerste kamp by Woord in Aksie, toe ek vrydag aand hier aangekom het, was ek so gebroke. Ek het altyd net met ‘n glimlag ‘n front voorgesit.

Maar diep hier binne in my was alles eintlik net stukkend. Ek het nie meer kans gesien vir die lewe nie, alles het gedruk en ek het nie geweet hoe gaan ek ooit uit daardie situasie uitkom nie.

Ek was nie naby die Here nie, en ek het besef met die Heilige Gees en wedergeboorte in my, ek voel ongelooflik. Ek voel of ek nuwe asem het, nuwe longe.

Ek het altyd in myself getwyfel, en gedink ek is nie goed genoeg nie, en ek kan vandag hier uitstap en die beste weergawe van myself gaan wees.

En die storms wat kom sal ek kan hanteer want ek weet nou die Heilige Gees en die Here is met my.

Tanya

Toe ek hier gekom het vrydag aand was ek baie negatief en ek het nie gedink God gaan vir my iets doen nie. Ek dien Hom jare maar het afgedwaal vir ‘n hele paar jaar.

Ek het ie gedink God gaan my kan help nie, maar Hy het, Hy het my wakker kom maak, my Gees weer lewendig kom maak.

Dankie Ruach, dankie Vader dat U weer ‘n pad saam met my gaan stap.

Onbekend

Ek was so stukkend en seer toe ek hier gkom het, maar toe besef ek die Here is baie lief vir my net soos ek is. Ek is waardevol, hooggeag, duurgekoop, kosbaar en hy werk deur my. Die Heilige Gees beskerm my, waar die vyand my gooi met klippe het die Here net vir my gesê “Ek is daar vir jou my kind, Ek hou jou baie vas. En ek is vir jou lief net soos jy is.

Onbekend

Ek was ‘n verlore skapie toe ek vrydag hier aangekom het, ek was nie seker waar my voete is nie, maar ek moet sê na wedergeboorte hierdie naweek voel ek soos ‘n nuwe mens.

Ek gaan hier uit met ‘n vol hart, en ek weet die Heilige Gees gaan my ten volle dra.

Elaine

Ek is wedergebore die naweek, die Here het my nuwe krag gegee.

Hy het al my sonde en twyfel weggevat en ek is bitter bly ek staan vandag hier.

Gisteraand toe oom Franna daardie horing blaas, toe staan al my hare regop, en ek hoor “up en onwards” dit is defnitief hoe ek nou my lewe gaan lei. Helder en vry.

Ek het gekom om nader aan die Here te kom, en ek is.

Ek het die naawek vrede gemaak met my seun se dood. Ek het hom gegroet, hy rus en ek sien hom by Jesus se voete

Theresa

HUWELIKSKAMP GETUIENISSE 26-28 NOV 2021

               **************************************************************************************************

Ons is so dankbaar dat ons die naweek die Huwelikskamp bygewoon het. 

Ek het gedink ek weet as Christen op 72 jarige alles, met ‘n Pa, broer en oom wat predikante is.

Ek het ook al verskeie seminare bygewoon. Ons was geestelik gemotiveer om nog ‘n “closer walk with God” en mekaar te hê.

Die Here word grootliks onteer deur ons gesindhede teenoor mekaar. En satan koggel ons uit.

Elke egpaar – oud of jonk behoort dit by te woon, goed om altyd te leer, sodoende kan ons ook weer ander help in hul stryd.

Eljoena Bouman

                ******************************************************************************************************

Ek en my man kan verseker getuig hoe waardevol die kamp vir ons was.

Ons is amper agt maande vervreemd van mekaar, ons eerste gedagte was om te skei, ek was die vorige naweek by die Vrouekamp en het my man gekontak

om te hoor of hy die huwelikskamp saam met my sal doen.

Dit was die beste besluit. Ons het so baie geleer oor onsself, ons persoonlikhede, dissipline, kommunikasie en ons rolle as man en vrou wat verseker konflik in ons huwelik veroorsaak het. Ons het baie dinge uit onkunde gedoen. 

Dankie vir al die sprekers, die lesings was prakties en leersaam.

Dankie Woord in Aksie vir jul toewyding om mense te help, ons sal verseker die opvolg kampe bywoon.

Antoinette Minnaar

Vrouekampe Getuienisse

17-19 Sept 2021

Ek het gekom met twee verwagtinge: Genesing en ‘n verhouding met my sussa.

Ek het soveel meer gekry. Ek het vir die eerste keer in jare weer voor mense gesing.

 

          **************************************************

Dit het vir my goeie tools gegee om my liefdesverhouding te versterk en al die leuens van Satan te laat vaar en sterk te staan in my geloof.

Die kampe help werklik baie mense wat struikel in hul geloof.

  

          **************************************************

Hierdie kamp was so bevrydend gewees, ook baie geestelike genesing, ek sien nou kans vir wat voorlê, want my gees en gemoed is nou ligter.

 

          ***************************************************

Die Here het baie duidelik met my gepraat, ek loof en prys God vir Sy goedheid. Ek gaan nie weer toelaat dat die duiwel my boelie nie.

 

           **************************************************

Ek het met ‘n groot verwagting gekom, maar Abba het my ver bo my verwagting geseën.

Dankie Jesus!

 

          ***************************************************

Vader het my opnuut weer kom aanraak. Ek gaan my man beklee.

Ek verstaan my stand van Geregtigheid, Heilige Gees het my “gestir”

 

         ****************************************************

Ek het bevestiging gekry en rigting. Genesing van knieg lings agter, saterdag aand met Worship.

 

          ******************************************************

Dit was ‘n “eye opener”. Mens glo en hoor dinge wat glad nie die waarheid is oor God nie.

Ek het die naweek waarheid gehoor, ek het nuwe krag vir my liefdesverhouding met God.

I was revived!! The camp brought joy to my soul.

Was so lekker om net myself te wees, in die teenwoordigheid van die Heilige Gees.

This camp meant a lot tp me, it opened my eyes, I had closure and forgave a lot of people, I now know that God loves me, and that the Holy Spirit is aleays with me.

I am leaving this camp with no baggage and with the tools that is needed to fulfil God’s purpose for my life.

This weekend allowed me to draw close to God, my defenses could be taken down.

I found myself and my God again.

I blamed everybody around me, this weekend I shift the blame from God to my real enemy.

What a blessing, not enough words to express my gratitude.

I got the answer that I needed, I leave in peace and restored relationship with my God.

I forgave and was set free, no more pain, fear and suffering.

I embraced the person of Jesus, and in the presence of the Holy Spirid He truly ministered to me.

Wow wow wow! Baie dankie vir die kamp. Ek het gegaan met ‘n verwagting vir antwoorde, en die Here het my gebless met ‘n profesie wat direk in my hart in gepraat het!

Ek het in al die jare wat ek al preke bygewoon het en blootstelling gekry het aan God se Woord, nog nooit so duidelik verstaan wat God vir ons gedoen het nie.

Ons het geleer om te bid, ons het geleer wat ons Skeppingsdoel is. Maar die belangrikste vir my was om my verantwoordelikheid as hoof van my huishouding beter te verstaan met praktiese stappe.

Ek stap weg as ‘n nuwe mens, met nuwe vriendskappe.

As jy voel jy kort ‘n woord vir jou lewe, of jy voel verlore in die wêreld, woon ‘n Woord in Aksie kamp by, jy sal jou antwoord en nog meer kry.

Michael Schlenter


Ek weet nou waarvoor ek op die aarde geplaas is en ek verstaan my Bybel waarmee ek altyd so gesukkel het.

Die kamp het my so naby aan die Vader gebring, en my so rustig gemaak, my gejaagde lewe het my klaar gemaak.

Ben Aucamp


Wonderbaarlik is ons God.

Hy is ons vesting en niemand kan dit ontbreek nie. Dankie aan almal, dit was amazing, ek het nog nooit so gegloei nie, voel so lig dat ek saam met God en Jesus op die wolk kan sit en na al die WONDERWERKE kan staar en sien wat met die ander mense gebeurwat nog aangeraak gaan word.

Beneen Groenewald


Wat ‘n kamp!! Met my hele hart wil ek God prys en van Sy magtige reddingsdade vertel Psalm 9:2

Manne het vrygekom en Jesus ingenooi en toerusting vir die pad gekry. Die ou kleed is afgegooi en ons het elkeen ‘n nuwe kleed ontvang. Ons almal kan nou seker wees waar ons die ewigheid gaan deurbring.

God het self trane afgedroog, ook daar waar tissues nie kon bykom nie.

Ek kon die liefde, vrede en vreugde van Jesus op die kamp ervaar. Ons het nie net Woord geëet en geloof en geprys nie, kos was altyd 5ster!

Hierdie was ‘n hoogtepunt kamp vir my, gaan saam op die volgende een? Gaan ontmoet Jesus.

Alles was 100% en sprekers was uitstaande!! Lesings was nie hoogs teologies nie maar baie prakties en verstaanbaar!!


Marcél de Villiers

Middelburg